Werknemers glo gyselaar gehou en geterroriseer na vermiste notaboek

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Bongiwe Constantia Nungu, dokter en eienaar van die Uminathi Mediese Sentrum en Estetika-kliniek in Pietermaritzburg, word daarvan beskuldig dat sy na bewering werknemers by haar praktyk gyselaar gehou het en glo gewapende mans gereël het om hulle te terroriseer en te martel na ’n notaboek vermis geraak het.

Werknemers glo gyselaar gehou

Nungu het in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn en is op R20 000 borgtog vrygelaat. Volgens IOL het Nungu glo die werknemers ondervra nadat die notaboek verdwyn het. Daarna is een van die werknemers glo deur twee mans weggeneem, waarna sy ondervra is en ’n plastieksak na bewering oor haar kop getrek is.

IOL berig verder dit is toe dat die eienaar die mans bel en sê die notaboek is gevind. Nungu het vir die eerste keer in November in die hof verskyn en het daarna versuim om Desember weer voor te kom.

Mag nog praktiseer

Sy moes toe weer om borg aansoek doen. Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA), sê Nungu mag praktisieer tot sy skuldig bevind word.

LEES OOK: Valke neem vrou in hegtenis wat glo beplan om eksman te vermoor

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.