Valke neem vrou in hegtenis wat glo beplan om eksman te vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Ondersoekbeamptes van die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-eenheid het Woensdag 24 Februarie 2021 ’n 35-jarige vrou op Thohoyandou in hegtenis geneem omdat sy na bewering beplan het om haar gewese man te vermoor.

Kapt. Matimba Maluleke sê daar word beweer die verdagte het in November 2020 ’n huurmoordenaar gehuur om haar eksman, ’n polisiebeampte, te vermoor. Volgens Maluleke het die Valke leidrade ontvang oor die vermeende komplot. Die verdagte is dopgehou, wat daartoe gelei het dat sy gevang is nadat sy R10 000 onttrek het. Dit sou moontlik as die deposito gebruik word om die huurmoordenaar te betaal.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Thohoyandou verskyn op aanklag van sameswering om ’n moord te pleeg.

LEES OOK: KYK: “Ek ken my menseregte,” gil vrou wat nie masker wil dra nie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.