Is dit nie wonderlik om te dink dat elke dag ’n splinternuwe dag is nie? ’n Dag waarin daar nog geen foute gemaak is nie. ’n Nuwe dag om van voor af te begin.
Gister is verby en in die verlede. Daar kan niks daaraan gedoen of verander word nie, maar ons kan kies hoe ons vandag aanpak. Ons kan vandag beter keuses maak, ’n stap in die regte rigting maak en kies om gelukkig te wees.
Met elke nuwe dag kom daar nuwe krag. Ons kan vandag kies om hierdie dag te oorwin en nie in die verlede te leef nie.



