GAUTENG. – Tshwane-metropolisiebeamptes het skerp metaalvoorwerpe op die N4-snelweg naby Diamond Hill Toll Plaza gevind wat vermoedelik deur misdadigers daar geplaas is.
Isaac Mahamba, polisiewoordvoerder, sê die voorwerpe dwing motoriste om te stop. Volgens Mahamba word die motoriste dan gewoonlik deur misdadigers aangeval.
Skerp metaalvoorwerpe
Die voorwerpe is deur beamptes ontdek terwyl hulle op die snelweg gepatrolleer het. Polisie waarsku motoriste om versigtig te wees, veral op snelweë en stil paaie.
Tshwane-metropolisiebeamptes sê hulle sal aanhou om paaie te patrolleer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
LEES OOK: ‘Ontvoerde’ sakeman trek klag terug, verdagte vrygelaat
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



