61 Honde word gered van ‘n wrede einde

Deel hierdie storie / Share this story

KAMBODJA.- 61 Honde, wat in klein hokkies inforseer was, se lewens is op pad na ’n slagpale gered toe die drywer gearresteer is.

Volgens Mirror is die honde almal òf gesteel òf rondloperhonde. Die diere het almal aan hitte-uitputting gely en was gedehidreer. Hulle het vermoedelik vir dae niks geëet of gedrink nie.

Daar is mense wat omgee

Al 61 van die honde word tans versorg en kos en mediese hulp, deur organisasies soos FOUR PAWS, Paw Patrol Cambodia en Animal Rescue Cambodia, gegee.

 “Almal was uiters honger en het waarskynlik vir dae nie geëet nie. Ons is tans besig om persele voor te berei waar die honde veilig is en versorg sal word totdat ons nuwe huise vir hulle gevind het,” het dr. Katherine Polak, veearts en hoof van FOUR PAWS Stray Animal Care in Suidoos-Asië, gesê.

“Hierdie is die eerste onderskep van sy soort en hopelik stuur dit ‘n luide en duidelike boodskap aan handelaars in Kambodja dat die handel in hondevleis nie meer geduld sal word nie.”

Handel in hondevleis is verlede jaar Julie verban

Alhoewel die stad Siem Reap die handel in hondevleis onwettig gemaak het verlede jaar Julie, bly dit steeds een van die grootste streke vir die handel in hondevleis.

’n Ondersoek deur FOUR PAWS toon dat minibusse, wat met hokke toegerus is, maandeliks omtrent 3750 lewendige honde uit Sim Reap na slaghuise regoor Kambodja vervoer.

Slaghuise gee honde ‘n wrede einde

By hierdie slaghuise word honde verdrink, doodgesteek, opgehang en word dan aan die 100 hondevleisrestaurante in Phnom Penh verkoop.

Daar is ‘n petisie wat jy kan teken

Die liefdadigheidsorganisasies voer ‘n veldtog om die handel in honde- en katvleis in Kambodja, Viëtnam en Indonesië te beëindig. Meer as een miljoen mense het reeds die petisie ter ondersteuning geteken.

Dit kan nog pandemies veroorsaak

Dr. Karanvir Kukreja, veearts en hoof van openbare veldtogte vir troeteldiere in Suidoos-Asië by FOUR PAWS, het bygevoeg: “Die onlangse Covid-19-pandemie bring die gevare van die handel in lewende diere in ‘n skrille werklikheid na vore.”

“Die toestande wat gesien word in markte met lewendige diere – die waarskynlike oorsprong van Covid-19 – onhigiëniese praktyke, wrede behandeling en beknopte opsluiting wat lei tot die vermenging van siek diere, word ook gesien in die handel met honde en katte.”

“Dit alles lei tot ‘n ideale omgewing vir die ontstaan ​​van nuwe patogene, insluitend aansteeklike siektes wat van dier mens oorgedra kan word. Dit is belangrik dat regerings hierteen optree voordat dit te laat is.”

Lees ook: Coca-Cola sê hulle werkers moet probeer om minder wit te wees

Foto: Mirror