Daar is soveel maklike en vinnige hoendermaaltye wat jy kan maak met net vyf bestanddele.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir heuning-knoffelhoender.
Heuning-knoffelhoender
Dit neem net vier bestanddele om die heerlike soet-en-sout marinade te maak; heuning, knoffel, rysasyn en sojasous.
Bestanddele
1 kg hoenderdele (borsstukke, dye, hoenderboudjies of ‘n kombinasie)
½ koppie heuning
2 eetlepels fyngedrukte knoffel
2 eetlepels rysasyn
2 eetlepels sojasous
2 eetlepels water
sout en peper na smaak
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas aluminiumfoelie op ‘n bakplaat. Sit hoender met die velkant na bo op die voorbereide pan.
Geur met sout en peper aan alle kante.
Klits heuning, knoffel, rysasyn en sojasous in ‘n klein bak. Verdun met water, soos nodig.
Skep ongeveer die helfte van die sous oor die hoender en smeer mildelik op elke stuk. Sit oorblywende sous opsy.
Bak, onbedek, vir ongeveer 50 minute tot een uur, of totdat die hoender gaar is en die vel bros en goudbruin is.
Terwyl die hoender gaar word, drup die orige sous daaroor.
Bron: www.tasty.co



