SUID-AFRIKA. – Braam van Straaten, voormalige Springbok-rugbyspeler en voorsitter van Care4Kings, bied nou regoor Suid-Afrika skopklinieke aan.
Dié skopklinieke is vir enigiemand wat dink sy seun of speler het ‘n bietjie tegniese hulp nodig.
Akkuraatheid verbeter
“As die speler alle aspekte verstaan van skopwerk, kan hy sy eie perfekte skop vind. Sy akkuraatheid kan binne drie sessies tot 85% verbeter,” sê Braam. “As jy sekere ander tegniese aspekte verstaan, kan dié syfer na 95% verhoog.”
Skop jou perfekte skop
“Ek deel spesifieke inligting met die skoppers sodat sy perfekte skop natuurlik uitkom. Al die foute in skopwerk word geaktiveer in jou aanloop of soos ek dit noem, jou bewegingspatroon. As jy as speler die bewegingspatroon verstaan en bemeester, verander jou skop totaal en al.”
Braam het self al met spelers soos Curwin Bosch, Elton Jantjies, Ruan Combrinck, Demetri Catrakilis, JT Jackson, Garth April, Sanele Nohamba, asook verskeie spelers in Australië gewerk.
Kontak Braam direk by 082 570 9997.



