Tiger Woods (45) is Dinsdagoggend ernstig beseer toe sy motor in die Los Angeles-omgewing die pad verlaat het en verskeie kere gerol het.
Woods het beserings aan sy bene opgedoen en was glo nie tydens die ongeluk onder die invloed van enige middels nie. Hy het wel glo die spoedgrens oorskry.
LEES OOK: Rivier spoel motor weg, ma verdrink
Woods moes na die ongeluk ’n noodoperasie ondergaan. Hy was in die wrak vasgekeer en meganiese toerusting moes gebruik word om hom te bevry.
Wakker na operasie
’n Amptelike verklaring vanaf Woods se span het op Twitter gesê Woods is wakker en herstel na die operasie in sy hospitaalkamer. Daar moes ’n ysterpen tydens ’n lang operasie in Woods se been geplaas word. Skroewe en penne is gebruik om beserings aan die voet en enkel te stabiliseer.



