Prins Philip bly in hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Die Britse koningin, Elizabeth II, se man, prins Philip, die hertog van Edinburgh, sal na verwagting nog ’n aantal dae in die hospitaal deurbring.

Volgens All4Women het Buckingham Palace die 23ste Februarie in ’n verklaring gesê die prins het infeksie opgedoen en sal na verwagting vir ’n aantal dae in die hospitaal wees.

Prins Edward vertel sy pa sien daarna uit om huis toe te gaan, maar is gefrustreerd omdat hy nou in die hospitaal moet bly.

Prins William het ook bevestig prins Philip is OK en daar word ‘n ogie op hom in die hospitaal gehou.

Lees ook: Die vleiseters gaan nog ’n pandemie veroorsaak