February 26, 2021

Die vleiseters gaan nog ’n pandemie veroorsaak

Die wetenskaplikes sê ons moet ons siening oor vleis eet verander as ’n daaglikse reg wat ons het, na ’n voorreg en ’n bederf.

Die wetenskaplikes sê ons moet ons siening oor vleis eet verander as ’n daaglikse reg wat ons het, na ’n voorreg en ’n bederf.

Die wetenskaplikes sê ons moet ons siening oor vleis eet verander as ’n daaglikse reg wat ons het, na ’n voorreg en ’n bederf. Foto: Pixabay

Suid-Afrikaners is lief vir hul vleis of dit nou gebak of gebraai is. ’n Studie wat gedoen is deur die universiteit van die Vrystaat toon dat die soek na goedkoper, bekostigbare vleis die potential het om na meer pandemies te lei.

Volgens All4Women het Professor Bragg, ‘n navorser aan die Departement van Mikrobiese, Biochemiese en Voedselbiotegnologie, gesê: “Mense se interaksie met diere en gebrek aan leer uit die verlede is die redes hiervoor. Daar sal meer pandemies wees, en daar is ‘n gevoel by sommige wetenskaplikes dat die pandemie net ‘n kleedrepetisie vir die werklike groot pandemie kan wees.”

“Baie viroloë, waaronder ek, voorspel al jare lank ‘n grieppandemie. Die mensdom word al jare lank gewaarsku oor die komende pandemies, maar dit wil voorkom asof mense net wil luister as hulle te midde van ‘n pandemie is. ”

Lees meer artikels hier.

Soms eet jy eksotiese vleis soos perd en donkie

Goedkoper vleis veral die in wors en ander deli vleis soorte is soms nie wat die verkopers sê dit is nie. Om vleis goedkoper te maak word donkie en ander diere as goedkoop bees verkoop.

Siektes en virusse hoef ook nie noodwendig vanaf eksotiese vleis af te kom nie, maar ook vanaf slegte boerdery praktyke.

Foto: Pixabay

Ondou jy Malkoeisiekte? Het jy al batteryhoenders gesien?

Die aanvraag na vleis is besig om te groot te raak, dit veroorsaak dat ons diere in klein spasies in prop, siektes versprei vinniger en hulle kry al hoe meer onnatuurlike kos.

Vleis is ‘n vooreg

Die wetenskaplikes sê ons moet ons siening oor vleis eet verander as ’n daaglikse reg wat ons het, na ’n voorreg en ’n bederf.

“In soverre navorsing oor virale deeltjies voortduur, is daar meer uitbrake binne nie net die koronavirus domein nie, maar ook in enige ander groep organismes,” sê dr Nyaga – Senior lektor / navorser: Next Generation Sequencing (NGS).

Virusse muteer en verander baie vinnig, wetenskaplikes vermoed die Covid-19-virus gaan nie kan kers vashou by wat nog op pad is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: