Vrou tydens beweerde plaasaanval in kop geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ’n Bejaarde vrou is glo vanoggend tydens ’n plaasaanval op die plaas Vergesig op die R101 Paarl na Franschhoek in die kop geskiet.

Die beseerde is tans in ’n kritieke toestand.

Volgens FlyingNews het ’n wit bakkie  met vier verdagtes op die plaas aangekom en gevra om ’n skaap te koop. Dit het glo in ’n gewapende roof geëindig toe die rowers geld en wapens by haar geëis het.

Tydens ’n argument is die vrou in die agterkant van haar kop geskiet en die rowers het van die toneel gevlug.

Geen verder inligting is, is hierdie stadium beskikbaar nie.