‘Polisiebeampte het mediese aanval gekry,’ sê polisie na video van beweerde dronk beampte

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – “Die polisiebeampte was aan diens en het die staatsvoertuig bestuur toe hy ’n mediese aanval gehad het wat vir hom onbekend was en hy het ook nog nooit daaraan gely nie,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.

Die verklaring van die polisie volg na ’n video van ’n polisiebeampte wat “bewusteloos lê” agter die stuurwiel van ’n polisievoertuig. Mense wat die video versprei het, het beweer die polisiebeampte is dronk.

Polisiebeampte het “mediese aanval” gekry

Hlathi het bevestig die voorval het die naweek van die 20ste Februarie plaasgevind. Volgens Hlathi het die beampte se mediese aanval daartoe gelei dat hy teen ’n muur vasgery het. Hy sê die beampte is later deur ander polisiebeamptes bewusteloos in die voertuig gevind.

Die beampte is na ’n hospitaal vir toetse geneem. “Die mediese toetse het gewys dat die beampte ’n sekere mediese toestand het wat nie aan die publiek bekend gemaak mag word nie. Die mediese toestand het hom tydelik tot ’n toestand van outomatisme,” het Hlathi gesê.

Kyk die video hier:
https://vm.tiktok.com/ZSJdQYMcf/

LEES OOK: Skerp metaalvoorwerpe glo deur misdadigers op N4-snelweg geplaas

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.