August 5, 2021

Broers en susters: Hoe om hulle oor die weg te laat kom

As jou kind sien dat jy vriendelik en behulpsaam is met ander, volg hulle jou voorbeeld.

Broers en susters: Hoe om hulle oor die weg te laat kom. Foto: Cottonbro

Broers en susters: Hoe om hulle oor die weg te laat kom. Foto: Cottonbro

Het jy meer as een kind in die gesin? Hier is hoe om hulle oor die weg te laat kom.

1. Verminder mededingendheid

Natuurlik is ‘n mate van wedywering tussen broers en susters te wagte, maar as dit lyk asof hulle buite beheer raak, kan jy help om die spanning te verminder.

Moet byvoorbeeld nie jou kinders met mekaar vergelyk nie en probeer om jou ouer kind nie outomaties die skuld te gee vir iets wat verkeerd gaan bloot omdat hy of sy ouer is nie.

2. Berei hulle voor op ‘n nuwe broer of suster

Wanneer ‘n nuwe kind in die gesin ingebring word, kan bestaande kinders afgeskeep voel.

Kinders hou daarvan om te help, dus moet ouers na klein, ouderdomsgepaste maniere soek om hulle ouer kind met die nuwe baba te laat help.

3. Versterk vriendelikheid

Kinders is geneig om meer van die dinge te doen waarvoor hulle die meeste lof of aandag kry. As jou kind iets moois vir ‘n broer of suster doen, maak ‘n ophef daaroor.

Wys ook vriendelikheid uit in boeke, films en die regte wêreld. Dit laat jou kind weet dat die dinge vir jou belangrik is en gee voorbeelde om na te volg. Moenie vergeet om self vriendelik te wees nie. As jou kind sien dat jy vriendelik en behulpsaam is met ander, volg hulle jou voorbeeld.

4. Laat hulle die jongeres leer

Soos kinders ouer word, wys hulle graag die nuwe dinge wat hulle leer aan die jonger sibbe. Dit kan tot jou voordeel strek as jy positiwiteit tussen ‘n ouer en jonger broer of suster wil bevorder.

Jou ouer kind kan byvoorbeeld die jonger een help om te tel, of ‘n ander nuwe vaardigheid te leer. Pasop net dat jou ouer kind nie baasspelerig raak nie. Gryp in as hulle oorboord gaan.

Bron: www.parents.com  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *