Coca-Cola sê hulle werkers moet probeer om minder wit te wees
Coca-Cola word van rassisme beskuldig nadat die maatskappy glo aan hul werkers gesê het hulle moet probeer om minder wit te wees omrede dit ‘onderdrukkend, arrogant en onkundig’ is.

Foto: Pixabay
Coca-Cola word van rassisme beskuldig nadat die maatskappy glo aan hul werkers gesê het hulle moet probeer om minder wit te wees omdat dit “onderdrukkend, arrogant en onkundig” is.
Volgens Daily Mail is ’n video, wat skermgrepe van die PowerPoint-aanbieding wys, op sosiale media geplaas deur ’n fluitjieblaser wat vir die koeldrankreus werk.

Baie mense beskuldig Coca-Cola daarvan dat hulle omgekeerde rassisme aanmoedig en versoek werkers om stappe teen die maatskappy te neem.
Die grepe van die video kom blykbaar uit ‘n video van 11 minute met die titel Confronting Racism with Robin DiAngelo.
DiAngelo, ‘n skrywer en konsultant, voer aan dat selfs welmenende wit mense aandadig is aan rassistiese strukture, tensy hulle daadwerklik werk daaraan om “anti-rassisties” te wees.

Coca-Cola het bevestig dat hy die video op hulle LinkedIn-leerplatform gelaai het, maar dring daarop aan dat dit nie ‘n deel van die maatskappy se verpligte leerplan is nie.
Die skyfies is weer getwiet deur Harmeet K. Dhillon, ‘n leier van die Republikeinse Nasionale Komitee in Kalifornië.
Sy sê dit is blatante rassediskriminasie.
Lees ook: ’n Vrou het gedink sy date vir Bruno Mars, word gekul en verloor $100 000