Kiki.la.coco deel foto op Instagram na partytjie wat aanhangers woedend het

Aanhangers op TikTok wag steeds dat Kiki ’n plasing op dié app moet maak, maar intussen het sy ’n foto van haar en Jack Parow op Instagram gesit.

Foto: Skermgreep

SUID-AFRIKA. – Karlien Wentzel, beter bekend as Kiki.la.coco, het haar eerste “verskyning” gemaak nadat sy verskeie TikTok-gebruikers woedend gehad het na ’n live waarin sy menigmale gevloek en gelyk het of sy haarself aan drank oorgegee het.

Aanhangers op TikTok wag steeds dat Kiki ’n plasing op dié app moet maak, maar intussen het sy ’n foto van haar en Jack Parow op Instagram gesit.

TikTok se for you page is die afgelope drie dae al vol van opnames en skermgrepe van wat in Saterdagaand se live gebeur het. Die video was van ’n partyjie wat glo by die Wentzels se huis gehou is. Loufi, Jack Parow en Biggy was ook vroeër die aand op haar live gesien.

LEES OOK: Kiki.la.coco laat TikTokkers woedend oor ‘GBV’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: