February 28, 2021

’n Vrou het gedink sy date vir Bruno Mars, word gekul en verloor $100 000

TEXAS.- ’n 63 Jarige vrou van hier was vas beslote dat sy met Bruno Mars uitgaan, maar is toe al die tyd gekul. Sy het ’n $100 000 verloor omrede sy gedink het sy betaal vir Bruno Mars se toer uitgawes.

TEXAS.- ’n 63 Jarige vrou van hier was vas beslote dat sy met Bruno Mars uitgaan, maar is toe al die tyd gekul. Sy het ’n $100 000 verloor omrede sy gedink het sy betaal vir Bruno Mars se toer uitgawes.

TEXAS.- ’n 63 Jarige vrou van hier was vas beslote dat sy met Bruno Mars uitgaan, maar is toe al die tyd gekul. Sy het ’n $100 000 verloor omrede sy gedink het sy betaal vir Bruno Mars se toer uitgawes. Foto: Wallpapersafarie

TEXAS.- ’n 63 -jarige vrou van hier was vas oortuig dat sy met Bruno Mars uitgaan, maar is toe al die tyd gekul. Sy het $100 000 verloor omrede sy gedink het sy betaal vir Bruno Mars se toeruitgawes.

Volgens Daily Mail is die  beweerde bedrieër Chinwendu Azuonwu (39) van Nigerië af, maar is tans ’n permanente inwoner van Houston.

Azuonwu het Dinsdag in die hof verskyn en word beskuldig daarvan dat hy Bruno Mars op Instagram nageboots het en die slagoffer uit haar spaargeld gekul het. Hy is van derdegraadse geldwassery aangekla en in hegtenis geneem.

Owerhede sê die slagoffer het in 2018 vir haar ’n profiel op Instagram gemaak, op soek na geselskap.

Sy en die Mars-nabootser het in kontak gekom en na baie geselsies sê sy, sy het verlief geraak op die persoon. Daarbenewens het ‘Mars’ aan die vrou gesê dat hy van plan was om sy toer te staak sodat hy by haar kan wees.

Volgens owerhede het die nabootser in September 2018 vir die slagoffer gevra vir $10 000 om te help betaal aan sy toere. Die vrou het na ’n bank gegaan en ’n tjek uitgemaak aan Basil Chidiadi Amadi wat glo ’n vriend van Mars was.

Foto: Wallpapersafarie

Lees meer artikels hier.

Daarna het die sogenaamde Mars weer die vrou gekontak en gevra vir ’n verdere $90 000. Die vrou het weer ’n tjek gaan uitskryf, maar het dit die keer in ’n ander rekening inbetaal.

Owerhede het na die bankbetalings gekyk en het die bankrekeninge nagespoor tot by Azuonwu en sy mede-samesweerder, Basil Amadi (29).

Beide die verdagtes ontken dat hulle mekaar ken en sê hulle weet nie hoe die geld in hul rekeninge gekom het nie. Indien hulle skuldig bevind word, staar hulle tronkstraf van tien jaar in die gesig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: