Escobar: Waarom wetenskaplikes Colombia se seekoeie wil doodmaak

Pablo Escobar was een van die mees bekendste kriminele en is verantwoordelik vir dwelmkartelle, ontvoerings, bomaanvalle en onoordeelkundige sluipmoorde. Dit het geblyk asof hy een van die rykste mans ter wêreld was. Hy word ook deur wetenskaplikes blameer vir die ekologiese tydbom in Colombia. Pablo Escobar het dekades gelede ’n aantal seekoeie ingevoer om in sy persoonlike dieretuin aan te hou.

Pablo Escobar was een van die mees bekendste kriminele en is verantwoordelik vir dwelmkartelle, ontvoerings, bomaanvalle en onoordeelkundige sluipmoorde. Dit het geblyk asof hy een van die rykste mans ter wêreld was. Foto: Pixabay

Pablo Escobar was een van die bekendste kriminele en is verantwoordelik vir dwelmkartelle, ontvoerings, bomaanvalle en onoordeelkundige sluipmoorde. Dit het geblyk asof hy een van die rykste mans ter wêreld was. Hy word ook deur wetenskaplikes blameer vir die ekologiese tydbom in Colombia. Pablo Escobar het dekades gelede ’n aantal seekoeie ingevoer om in sy persoonlike dieretuin aan te hou.

Volgens die BBC het owerhede beslag gelê op sy luukse woning na Escobar se dood in 1993. Die diere wat in sy persoonlike dieretuin gevind is, is tussen Colombia se dieretuine versprei. Almal behalwe die seekoeie. Dis baie moeilik om die seekoeie te skuif en owerhede het hulle net daar gelos met die gedagte dat hulle sal uitsterf. Inteendeel het die seekoeie gefloreer in die omgewing.

Daar is tans 80 tot 120 seekoeie in een van Colombia se hoofwaterweë.  Wetenskaplikes sê hulle voel jammer vir die diere, maar as hulle nie ’n gedeelte van die bevolking seekoeie van kant maak nie, kan die situasie in 10 tot 20 jaar handuitruk.

In die wetenskaplikes se scenario moet daar jaarliks 30 seekoeie van kant gemaak of gekastreer word, om hul bevolking te beheer.  

Lees meer artikels hier.

Daar is geen natuurlike roofdier vir seekoeie nie

Die omstandighede van die omgewing waar die seekoeie hulleself tans vind is ten gunste vir hul voortplanting. Daar is geen natuurlike roofdier vir die seekoeie nie en anders as in Afrika is daar nie ’n droogte nie.

Die wetenskaplikes voel die seekoeie is besig om die chemiese samestelling van die waterweë te verander en kan die visserye in gevaar stel. Daar is wel ook ’n positiewe aspek wat die seekoeie op die omgewing daar sal hê.

Enrique Ordoñez, ‘n bioloog aan die Nasionale Universiteit van Colombia, sê seekoeie is ’n kwesbare spesie en die “kokaïen-seekoeie” het hoop geskep om die wêreldbevolkingsgetal van seekoeie op te stoot. Hy stel ’n sterilisasieprogram voor om die bevolking van die seekoeie onder beheer te hou.

Foto: Pixabay

Wetenskaplikes moet nog ‘n besluit neem oor wat gaan word van Pablo Escobar se seekoeie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: