Heineken sê meer as 8 000 werkenemers van dié brouery gaan wêreldwyd hulle werk verloor. Dit kom na die maatskappy ’n netto verlies van 204 miljoen euro in 2020 aangeteken het.
Heineken in Suid-Afria
Dit is Woensdag in ’n verklaring bekendgemaak. Dolf van den Brink, Heineken se LUR, sê die Covid-19-pandemie en die regering se maatreëls het steeds ’n groot impak op hulle besighede. Die maatskappy het reeds aan die begin van die jaar aangekondig Heineken Suid-Afrika gaan 70 van sy 1 000 werknemers aflê as gevolg van die alkoholverbod tydens die pandemie.
Heineken sê verder in die verklaring hierdie herstrukturering van die maatskappy is noodsaalik.
“Mense moet verstaan minder as 30 persent van die winkels, spesifiek in Europa, kon steeds aan die einde van Januarie nie besigheid doen nie.”
LEES OOK: Gesondheidswerkers: 700 van Gauteng kry inenting opleiding
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



