Ma kry 58 video’s van vermiste tiener op pornografiese webtuiste

Die meisie het een aand ná Kersfees in 2018 vermis geraak.

Die ma van ’n vermiste tiener (16) het 58 video’s van haar dogter op ’n pornografiese webwerf gekry.

Die ma van ’n vermiste tiener (16) het 58 video’s van haar dogter op ’n pornografiese webwerf gekry.

FLORIDA. – Die ma van ’n vermiste 16-jarige meisie het 58 video’s van haar dogter op ’n pornografiese webwerf gekry.

Die meisie het een aand ná Kersfees in 2018 vermis geraak. Die video’s was eksplisiet en het gewys hoe die meisie deur mans op ’n onbekende plek verkrag word.

LEES OOK: Man se ontbinde liggaam in huis gevind

Weer gesien

Die meisie is kort daarna by ’n supermark opgelet. Sy was saam met ’n paar mans in ’n swart Dodge Challenger gesien. Maar ten spyte van al owerhede se pogings om die beeldmateriaal in die omgewing te ontleed en ’n soektog te doen, kon hulle haar nie vind nie.

Man geïdentifiseer

Die polisie het ’n kennisgewing uitgestuur en ’n klerk by die supermark het weer dieselfde kar gesien. Gelukkig kon die klerk die nommerplaat afneem en die polisie kon die eienaar van die voertuig identifiseer.

Hulle soektog het hulle na een van die verdagtes se huis geneem en die meisie is veilig in die huis opgespoor.

Die pedofiel het ontken dat hy seks met die minderjarige meisie gehad het al was daar videobewyse.

By verder ondersoek van die huis het polisie ook ’n strokie van ’n aborsie gekry. Die meisie het later erken die man het haar na ’n kliniek geneem om ’n aborsie te kry nadat sy swanger geraak het.

Die verdagte is in hegtenis geneem.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: