Regering beplan om ongebruikte entstof aan ander lande te verkoop

DURBAN.- Die Suid-Afrikaanse regering het dit oorweeg om die AstraZeneca-entstof aan ander lande wat nie die Suid-Afrikaanse Covid-19-variant het nie, te verkoop.

Suid-Afrika oorweeg dit om die ongebruikte entstof te verkoop.

DURBAN.- Die Suid-Afrikaanse regering het dit oorweeg om die AstraZeneca-entstof aan ander lande wat nie die Suid-Afrikaanse Covid-19-variant het nie, te verkoop. Foto: Pixabay

DURBAN.- Die Suid-Afrikaanse regering het dit oorweeg om die AstraZeneca-entstof aan ander lande wat nie die Suid-Afrikaanse Covid-19-variant het nie, te verkoop.

Volgens IOL het Minister Zweli Mkhize Sondag afgekondig die AstraZeneca-entstof wat vanaf Indië kom, is nie effektief vir die Covid-19-variant in Suid-Afrika nie.

Mkhize sê die regering sal toesien dat daar geen verkwiste uitgawes is nie. Hy sê hy is verbaas oor ’n aantal e-posse van ander lande wat die entstowwe wil oorkoop by Suid-Afrika. Die regering sal die verkoop van die entstowwe oorweeg.

“Eerstens moet ons wetenskaplikes ons vertel wat ons daarmee kan doen. Kan ons dit gebruik voordat dit verstryk, en indien nie, kan ons dit met ander lande omruil?”

Die entstof verval in April

“Die vervaldatum van April is nie per ongeluk ontdek nie, maar deur die implementering van ons protokolle vir gehalteversekering en beheer. Hierdie tydige bevinding het verseker dat alle maatreëls getref word om die doeltreffendste entstof in ons inentingstrategie te gebruik.”

Hy sê ook die vervaldatum sou nie ’n probleem gewees het as die inentingsstrategie soos beplan voortgegaan het nie, omrede die entstowwe voor April gebruik sou wees.

“Suid-Afrika kon nie wag vir die uitslae van toetse vir doeltreffendheid van die entstof teen ons variant nie, omrede dit Suid-Afrika agter in die ry sou plaas vir ’n entstof waarvan reeds wêreldwyd ‘n tekort is.”

Lees meer artikels hier.

Suid-Afrika gaan voort met fase 1 van inentings

Die minister het bevestig die land sal voortgaan met die fase 1 inentings deur gebruik te maak van die Johnson & Johnson-entstof, wat wel effektief is teenoor die Suid-Afrikaanse Covid-19-variant.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: