Gebruik wat in jou yskas is: Avokado-quesadillas-resep
Vandag kyk ons na ‘n resep vir avokado-quesadillas.

Gebruik wat in jou yskas is: Avokado-quesadillas-resep. Foto: Jesse Cortez
Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir avokado-quesadillas.
Sien ‘n verdere lys van resepte hier.
Avokado-quesadillas
Kaas + tamatie + avokado + tortillas = een bevredigende maaltyd. Jy kan hoender of garnale byvoeg as jy lus is vir ekstra proteïene.
Bestanddele
4 groot tortillas
16 snye mozzarellakaas
1 bos vars basiliekruid (ongeveer 10 blare per quesadilla)
1 houer kersietamaties (gehalveer – ongeveer agt tot 10 tamaties per quesadilla)
1 ½ koppie rotisserie hoender (gekerf)
sout en peper
2 avokado’s (in skywe gesny – ‘n halwe avokado per quesadilla)
balsemiekreduksie (vir bediening)
Instruksies
Gooi olie in ‘n groot pan en verhit op medium hitte.
Terwyl die pan verhit, sit jou quesadillas bymekaar deur mozarella, basiliekruidblare, tamatiehelftes, asook hoender- en avokadoskywe oor die helfte van die tortilla te strooi. Geur met sout en peper.
Plaas dit in die pan en druk die leë kant stewig op die gevulde kant. Kook tot goudbruin, vir twee tot vier minute.
Draai die quesadilla versigtig om en kook tot die ander kant goudbruin is, nog twee of so minute.
Sit dit dadelik voor, en moenie vergeet om die balsemiekreduksie oor te gooi nie.