Jong man bou sy eie ‘Lamborghini’ uit afvalmateriaal

Malovhele was nog altyd goed om dinge met sy hande te bou.

Jong man bou sy eie ‘Lamborghini’ uit afvalmateriaal

Foto: Sowetan Live (Jong man bou sy eie ‘Lamborghini’ uit afvalmateriaal)

LIMPOPO. – Mukundi Malovhele (21) het ’n motor wat geïnspireer is deur sy gunsteling- luukse handelsmerk, Lamborghini, gebou. Hy het van afvalmateriaal en ou motoronderdele gebruik gemaak omdat hy geweet het hy kan nie só ’n luukse motor bekostig nie.

Malovhele was nog altyd goed om dinge met sy hande te bou. Hy het in 2017 reeds besluit om hierdie groot taak aan te pak en het die materiaal begin versamel.

Malovhele vertel aan Sowetan Live ’n gebrek aan geld het hom altyd verhoed om sy “Lamborghini” te voltooi. Hy het soms geld nodig gehad om sekere onderdele van dié motor te koop. Sy pa sou soms vir hom geld gee om hom te help, maar meeste van die tyd het hy saam met sy pa op die land gewerk en die produkte aan mense in die omgewing vir ekstra geld verkoop.

LEES OOK: Heineken: ongeveer 8000 mense verloor hulle werk by dié brouery

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: