VRYSTAAT. – ’n Boer, wat alleen in sy huis 8 km buite Kroonstad bly, is vanoggend glo deur vier mans tydens ‘n plaasaanval by sy voordeur aangeval. Die boer het sy vuurwapen in die hande gekry en verskeie skote afgevuur.
Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê die boer is deur die beweerde plaasaanvallers in die nek en kop met ’n mes gesteek tydens ‘n beweerde plaasaanval in Kroonstad. Volgens Makhele het die boer skote afgevuur en drie verdagtes is noodlottig gewond.
Plaasaanval in Kroonstad
Die buurtwag van Kroonstad het vanoggend gesê die polisie, nooddienste, buurtwag en die boere van die omgewing het vinnig reageer en was binne minute op die toneel.
Die boer is met ernstig steekwonde na ’n hospitaal geneem. Die polisie was vanoggend om 09:30 steeds op die toneel.
LEES OOK: Werknemer gooi glo Covid-19- besmette speeksel in baas se drankie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



