February 28, 2021

Werknemer gooi glo Covid-19- besmette speeksel in baas se drankie

Die verdagte is aangekla van poging tot moord en dreigende gedrag.

TURKYE. – ’n Werknemer wat as ’n motorhandelaar werk, is in hegtenis geneem na hy glo Covid-19- besmette speeksel in sy baas se drankie gemeng het.

Die verdagte is aangekla van poging tot moord en dreigende gedrag. Ibrahim Unverdi, die verdagte se baas, sê hy is deur een van die ander werknemers ingelig oor sy drankie wat moontlik besmet kan wees.

Unverdi beweer ook dié werknemer het al van hom gesteel. Volgens Unverdi het die betrokke werknemer die sleutel van die kluis gehad en glo erken hy het geld daaruit geneem om skuld af te betaal.

Unverdi het op die ou end nie van die besmette drankie siek geword nie.

LEES OOK: Swanger – Moet jy die Covid-19-inenting kry of nie?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: