February 26, 2021

Swanger – Moet jy die Covid-19-inenting kry of nie?

Volgens dr. Louw moet mense met ernstige allergie twee keer dink voor hulle die entstof neem.

SUID-AFRIKA. – Indien ’n vrou swanger is, is sy altyd ekstra versigtig oor besluite wat haar en haar baba beïnvloed. Moet jy die enstof neem as jy swanger is?

Volgens dr. Susan Louw, ’n hematopatoloog by die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens, is daar twee groepe mense wat versigtig moet wees en dit oorweeg om nie die Covid-19-entstof te ontvang nie.

Allergiese reaksies

Volgens dr. Louw moet mense met ernstige allergie twee keer dink voor hulle die entstof neem. Sy sê sy praat van mense wat by vorige inentings allergiese reaksies getoon het en gehospitaliseer moes word.

Swanger vroue

Die tweede groep mense wat volgens dr. Louw liewer nie die enstof moet neem nie, is swanger vrouens. Louw sê hulle het nog nie genoeg navorsing en ondervinding met swanger pasiënte wat die entstof geneem het nie.

LEES OOK: Johnson & Johnson Covid-19-entstof volgende week in Suid-Afrika

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: