SUID-AFRIKA. – ’n Verklaring wat deur die regering gepubliseer is, sê die Johnsons & Johnsons-inentings sal van middel Februarie toegedien word. Johnsons & Johnsons het glo ingestem om die aflewering te bespoedig, sodat die eerste dosis teen die einde van dié week beskikbaar sal wees.
Die departement van gesondheid sê die ontplooiingsprogram vir die entstof het nie verander nie, behalwe vir die feit dat die Johnsons & Johnsons-entstof in plaas van die AstraZeneca-entstof gebruik gaan word.
AstraZeneca-inentings
Die rede vir die verandering is omdat die AstraZeneca-entstof minimale beskerming teen die ligte tot matige infeksie van die dominante plaaslike virusvariant bied.
IOL berig Sahpra het die Johnsons&Johnsons-entstof nog nie goedgekeur nie, maar is sedert einde verlede jaar besig met ‘n ondersoek.
LEES OOK: Ontplooiing van inentings eers gestop na kommer oor doeltreffendheid
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



