Gebruik wat in jou yskas is: Quinoa-gebraaide-rys-resep

Gebruik wat in jou yskas is: Quinoa-gebraaide-rys-resep. Foto: Annie Spratt

Gebruik wat in jou yskas is: Quinoa-gebraaide-rys-resep. Foto: Annie Spratt

Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir quinoa gebraaide rys.

Sien ‘n verdere lys van resepte hier.

Quinoa gebraaide rys

Kies jou gunstelingrys of graan, gooi vars of bevrore groente in, voeg ‘n bietjie sojasous by en laastens ‘n roereier.

Bestanddele

3 eetlepels botter

2 eiers, geklits

2 medium wortels, geskil en in blokkies gesny

1 klein wit ui, in blokkies gesny

½ koppie bevrore ertjies

3 knoffelhuisies, fyngemaak

sout en peper

4 koppies gekookte en verkoelde quinoa

3 groenuie, dun gesny

3-4 eetlepels sojasous, of meer na smaak

2 teelepels oestersous (opsioneel)

½ teelepel geroosterde sesamolie

Instruksies

Verhit ‘n halwe eetlepel botter in ‘n groot pan op medium-hoë hitte totdat dit gesmelt is. Voeg eier by, en kook tot dit roereier is. Haal die eier uit en plaas dit op ‘n aparte bord.

Voeg nog een eetlepel botter in die pan en verhit tot gesmelt. Voeg wortels, ui, ertjies en knoffel by en geur met ‘n knippie sout en peper.

Soteer vir ongeveer vyf minute of totdat die ui en wortels sag is.

Verhoog die hitte, voeg die oorblywende een en ‘n halwe eetlepel botter by, en roer tot dit gesmelt is.

Voeg die gekookte quinoa, groenuie, sojasous en oestersous (indien gebruik) dadelik by en roer tot gemeng.

Hou aan met roer vir nog drie minute om die quinoa te braai. Voeg dan die eiers by en roer om dit te meng.

Voeg die sesamolie by, roer verder en verwyder dit van die hitte.

Bedien dit warm.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: