Hier is 10 maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat alreeds in jou yskas is.
Dis die perfekte manier om bietjie plek in jou yskas en spens te maak.
Jy kan die volle resepte hier kry.
1. Chow mein-noedels
Meng pasta, soos rysnoedels of spaghetti, saam met groente, sojasous, knoffel, kookolie en oestersous.
2. Soetpatat en swartboon burritobakkies
Het jy rys en swartbone wat al lank in die spens sit? Maak ‘n lekker burritobakkie met jou gunstelinggroente en vleis of hoender.
3. Vyf-minuut pitapizzas
Verander pitabrode, naan of selfs Engelse muffins in lekker mini-pizzas.
4. Romerige kekerertjies met eiers en prosciutto
Hierdie eiers kom ongelooflik romerig uit! Jy kan spek of ham gebruik in plaas van prosciutto, of die vleis heeltemal uitlaat.
5. Quinoa-gebraaide rys
Kies jou gunstelingrys – of graan, gooi vars of bevrore groente in, voeg ‘n bietjie sojasous by en laastens ‘n roereier.
6. Avokado-quesadillas
Kaas + tamatie + avokado + tortillas = een bevredigende maaltyd. Jy kan hoender of garnale byvoeg as jy lus is vir ekstra proteïene.
7. Mediterreense pastaslaai
Pastaslaai sal nooit uit die mode gaan nie. Meng jou gunstelingnoedels, groente en ‘n bietjie kaas saam met ‘n druppel olyfolie, asyn, sout en peper.
8. Tuna-oopbroodjie met gesmelte kaas
‘n Blikkie tuna kan ver gaan, veral as jy ‘n bietjie kaas bo-oor smelt en dit op ‘n sny bros, warm brood bedien.
9. Gebakte balsamiese hoender
Neem ‘n stuk hoenderfilet en vul dit met ‘n balsamiese glans, wat met vier bestanddele gemaak word: balsamiese asyn, suiker, heuning en sout. Bedien dit saam met rys en groente vir ‘n bevredigende maaltyd.
10. Pikante nachos met swartbone
Ingemaakte swartbone is die ster van hierdie nachoresep. Meng dit met gerasperde kaas en enige van jou gunstelingtoevoegings, van tamatie en jalapeño tot koljanderblare en mielies.



