Tuindienswerker vermoor bejaarde

PORT ELIZABETH.- ’n Tuindienswerker wat glo ook seks-vir-kontant gunsies gedoen het, beroof en vermoor sy bejaarde kliënt.

PORT ELIZABETH.- ’n Tuindienswerker wat glo ook seks-vir-kontant gunsies gedoen het, beroof en vermoor sy bejaarde kliënt.

PORT ELIZABETH.- ’n Tuindienswerker wat glo ook seks-vir-kontant gunsies gedoen het, beroof en vermoor sy bejaarde kliënt. Foto: Times Live

PORT ELIZABETH.- ’n Tuindienswerker wat glo ook seks-vir-kontant gunsies gedoen het, het sy bejaarde kliënt beroof en vermoor.

Volgens IOL is Ralton Koetaan, die tuindienswerker, (34) Woensdagoggend in die Port Elizabeth-hooggeregshof skuldig gevind vir die moord op Jean Lombard (69).

Koetaan het skuld erken op die moord wat in April 2019 plaasgevind het.

Lombard was ’n afgetrede bejaarde wat alleen gewoon het op Hokaai-plaas aan die buitekant van Port Elizabeth. Koetaan het vir ’n tuindiensonderneming, waarvan Lombard vanaf 2016 gebruik gemaak het, gewerk.

Lees meer artikels hier.

In sy skulderkenning het Koetaan gesê teen die einde van 2018 het Lombard hom vir ‘n seksuele guns teen betaling gevra. Lombard het glo vir Koetaan R620 gegee.

Dit het toe gereeld gebeur en Koetaan het nooit minder as R500 per geleentheid ontvang nie.

Koetaan het in sy verklaring gesê op die dag van die moord het Lombard na hul sekssessie gesê hy het nie geld nie en sal hom volgende keer betaal. Koetaan sê hy was woedend omrede hy nie taxigeld gehad het nie en 12 ure huis toe sou moes loop.  Hy het toe uit die slaapkamer gestorm en ’n kapwapen in die stoorkamer gaan kry. Hy het teruggegaan in die kamer waar hy Lombard herhaaldelik op die kop geslaan het. Hy het hom toe met ’n elektriese koord vasgemaak. Daarna het hy talle items in die huis geneem insluitend ’n selfoon, ’n 6.35mm kaliber Browning-pistool en ammunisie.

Hy het ’n 59-jarige plaaswerker se fiets gesteel en gery. Die plaaswerker het drie dae later op Lombard se liggaam afgekom toe hy vir werk aanmeld.

Lombard se familie het hom beskryf as ‘n godsdienstige Christen wat ‘n prominente rol in die NG Kerk beklee het. “Dit was niks anders as ‘n wrede, wrede aanval op ‘n ongewapende, weerlose individu nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: