ORANIA. – ROCKET-lugambulans is gister vir ‘n noodroep ontbied na Orania om ‘n jong pasient (9) te gaan haal. Hy is vanaf Orania na Mediclinic Gariep met die ROCKET-lugambulans vervoer vir verdere behandeling. ROCKET (Rapid On Call Emergency Transport) is in Kimberley gebasseer en maak kwaliteit gesondheidsorg vinnig bekombaar.
LEES OOK: EEN MEISIE BESEER, ANDER DOOD, IN GRU-ONGELUK
Michael Dollenberg en Chris Steward, albei gevorderde lewensondersteuning-paramedikuste, het die pasiënte behandel. Justin Cook en Wayne Grobler was die vlieëniers. Bel ROCKET by 087 288 55 55 (0860-FLIGHT).



