January 20, 2021

Covid-19 Prof. Karim sê mense moet ophou om entstof te vrees

Foto: Pixabay

JOHANNESBURG. – Professor Salim Abdhool Karim, voorsitter van die advieskomitee vir ministers oor Covid-19, sê Suid-Afrika moet ophou om die entstof te vrees.

Volgens ENCA het professor Karim drie verskillende groepe geïdentifiseer wat huiwer om die Covid-19-entstof te kry. Hy sê die eerste groep weet net nie genoeg oor die entstof nie. Die tweede groep is glo bekommerd oor die entstof as gevolg van misleidende inligting wat hul iewers ontvang het. Die derde groep is diegene wat teen die entstof is en hulle is glo ook verantwoordelik vir die verspreiding van vals inligting. Volgens Karim maak die derde groep se mense gebruik van sosiale media om die misleidende boodskappe te versprei.

Karim sê niemand sal forseer word om die Covid-19-entstof te kry nie, maar almal moet toegang tot die korrekte inligting hê voor hulle enige besluite neem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *