Vrou kry doodstraf na sy swanger vrou vermoor

WASHINGTON. – Lisa Montgomery (52), ’n Amerikaanse vrou, wat ’n swanger vrou (32) vermoor het om haar baba te steel, is vanoggend die doodstraf toegedien.

Montgomery kon nie kinders hê nie en het in 2004 Bobbie Jo Stinnett, ’n hondeteler, vermoor. Montgomery het vir Stinnett gesê sy wil een van die hondjies koop. Montgomery is na die slagoffer se huis waar sy haar gewurg het en die baba uit haar lyf gesny het.

Sy is reeds in 2007 die doodsvonnis opgelê. Montgomery is die eerste vrou in byna sewe dekades wat deur die Amerikaanse owerhede die doodstraf ontvang het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: