January 20, 2021

Hoe dink jy kan ons die voorpuntwerkers van SA ondersteun?

Foto: All4women

 Die Kolisi-gesin is van Covid-19 genees en het ondersteuning vir enige gesondheidswerkers aangebied. Volgens All4women het die gesondheidswerkers gereageer met antwoorde oor hoe Suid-Afrika hulle kan bystaan in die moeilike tyd. Baie gesondheidswerkers is oormoeg en depressief as gevolg van die veg teen die Covid-19-virus.

Volgens All4women het Rachel Kolisi, vrou van die Springbok-Kaptein Siya Kolisi haar aandag gefokus op die gesondheidswerkers van Suid-Afrika. Sy het op haar sosialemediabladsye gevra hoe sy en haar volgelinge die gesondheidswerkers kan bystaan in die moeilike tyd. “As jy ’n gesondheidswerker is en benodig enige ondersteuning, al is dit net aandete, laat weet ons.”

Daar was ’n vloedgolf van kommentaar op haar vraag. Talle gesondheidswerkers het geantwoord oor hoe Suid-Afrika hul kan bystaan.

Baie van die kommentaar is gesondheidswerkers wat Suid-Afrikaners smeek om die land se reëls, wat ingestel is om die Covid-19-pandemie te beveg, te gehoorsaam. “Mense moet asseblief hul maskers dra, was jou hande gereeld of saniteer as jy nie kan was nie. Hou sosiale afstand van ander mense, al is dit hoe moeilik.”

Ander mense het weer gevra vir gebede, soos Beanca Viljoen wat sê: “My man werk vir ER24 en hy vra net vir ’n gebed.”

Hoe dink julle kan ons die voorpuntwerkers van Suid-Afrika bystaan tydens die Covid-19-pandemie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *