January 20, 2021

’n Bobaaskok uit Kimberley

Foto: Tamzin Hewitt

Tamzin Hewitt (21) ’n Kimberliet het grootgeword met ’n liefde in haar hart vir kosmaak. Sy het in 2013 besluit om haar hoërskoolloopbaan in Adamantia af te skop omrede die skool gasvryheidstudies as ’n vak aanbied vanaf graad 10.  Hewitt was deel van die hotel se prefekraad en het haar matriek in 2017 by die skool voltooi.

“Ek is nog nie een dag spyt oor my keuse nie.”

Hewitt het na skool by die Food and Beverage Institute in Bloemfontein verder gaan studeer. “Ek was eers onseker of dit regtig is wat ek wil doen vir die res van my lewe, maar na so drie maande se studies en die begin van die praktiese gedeelte het ek dadelik geweet dis wat ek wil doen. Van daar af is ek nog nie een dag spyt oor my keuse nie.”

Hewitt sê sy het vir ’n jaar en ’n half gestudeer en moes dan ’n jaar se prakties doen. Sy het ’n keuse gehad om in Suid-Afrika of oorsee te gaan te werk. Hewitt se vlug het op 7 Julie 2019 uit Suid-Afrika vertrek na Naples Florida waar sy, saam met ses ander studente, by The Ritz Carlton gewerk het. Sy sê hulle is geroteer om by ses verskillende restaurante, insluitend Poolside, Banquets en Garde Manger, te werk sodat hulle die volle ervaring kon kry.  

Hewitt moes party dae uithelp by drie verskillende restaurante

Tamzin verduidelik die eerste drie maande het sy twee dae af gekry en ’n minimum van agt ure ’n dag gewerk. “Nadat die eerste drie maande verby is, het die hotel besig geraak en moes ek tot en met 16 ure ’n dag werk met slegs een dag af. Ons mag glad nie in die kombuise gesit het nie en het ’n halfuur se etenstyd elke dag gekry.” Hewitt moes party dae uithelp by drie verskillende restaurante.

Hewitt het die 13de Oktober 2020 by die Broadwater River Estate as hoofkok begin werk. Haar gunstelinggereg om te maak is ’n “basiese bord moederskookkos”.

Haar toekomsplanne is om haar eie restaurant op ’n wildlodge oop te maak.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *