Gesondheidswerkers: 700 van Gauteng kry inenting opleiding

Dié provinsie beplan om ongeveer 600 inentingsentruma op te rig.

GAUTENG. – Die gesondheidsdepartement in Gauteng sê hulle is gereed vir die ontplooiing van die Covid-19-entstof en het aan 700 gesondheidswerkers opleiding oor die toediening van die entstof gegee.

Hierdie opleiding is ook aanlyn vir gesondheidswerkers beskikbaar met video’s wat die verskillende entstowwe verduidelik.

Gesondheidswerkers kry eerste die entstof

Behalwe vir die opleiding maak die werkers ook gereed om eerste die enstof te ontvang. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het aan die parlement bevestig die land se gesondheidswerkers sal moontlik so vroeg soos volgende week die Johnson & Johnson-inenting ontvang.

Intussen beplan dié provinsie om ongeveer 600 inentingsentrums op te rig.

LEES OOK: Jaarliks, dis hoe dikwels die Johnsons & Johnsons-inenting moontlik toegedien gaan word

Volg FiND iT hier die vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: