Fratsongeluk: Bouer dood toe struktuur ineenstrort
Meiring sê die derde man is op die toneel dood verklaar.

Foto: Times Live
JOHANNESBURG. – ’n Bouer is laat Woensdagmiddag tydens ’n fratsongeluk dood toe ’n struktuur ineengestort en op hom geval het.
Die voorval het by ’n huis in Boskruin wat opknappingswerk ondergaan, plaasgevind.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die twee ander mans het ligte tot matige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem. Meiring sê die derde man is op die toneel dood verklaar.
LEES OOK: ‘Derde vlaag moontlik Maart of Julie hier,’ sê professor
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.