February 26, 2021

‘Derde vlaag moontlik Maart of Julie hier,’ sê professor

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder vir die minister van gesondheid, stem nie hiermee saam nie en sê dit is slegs bespiegelinge.

SUID-AFRIKA. – Suid-Afrika se aantal nuwe positiewe gevalle van Covid-19 is aan die afneem na die afkondiging van die tweede vlaag, maar twee vooraanstaande medici praat reeds van die derde vlaag wat op pad is.

Volgens professor Francois Venter, ’n kenner in oordraagbare siektes en verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, kan die derde vlaag van Covid-19 teen Maart of Junie hier uitbreek.

Hierdie vooruitsig word bepaal deur na die patroon van die virus te kyk. Nog ’n professor wat die derde vlaag sien kom, is professor Salim Abdool Karim, mede-voorsitter van die Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19. Hy het aan ENCA-nuus gesê dit sal waarskynlik aan die begin van die winter gebeur. Verder sê hy Suid-Afrika moet reeds beplan en gereed maak vir dié vlaag.

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder vir die minister van gesondheid, stem nie hiermee saam nie en sê dit is slegs bespiegelinge.

Volgens Manzi is daar nog nie genoeg navorsing om te toon wanneer die derde vlaag die land gaan tref nie.

LEES OOK: Swanger – Moet jy die Covid-19-inenting kry of nie?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: