Vrou (94) aangeval toe sy vir ’welsynswerkers’ koffie maak

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Die polisie is op soek na twee verdagtes, ’n man en ’n vrou, wat ’n vrou (94) aangerand het.

Klere vir liefdadigheid

Kol. Donalds Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die vrou het die deur vir die twee verdagtes oopgemaak nadat hulle aan haar verduidelik het hulle samel klere vir liefdadigheid in.

Die vrou het hulle ingegooi en vir hulle koffie aangebied. Die manlike verdagte het ’n mes uitgehaal en die vrou daarmee gedreig. Hy het haar aangerand dat sy haar tande verloor het. Mdhuli sê die vrou is daarna aan ’n stoel vasgebind en die verdagtes het van die toneel met gesteelde goedere gevlug.

In hegtenis geneem

Die huiswerker het op die toneel afgekom en die polisie ontbied. ’n Saak van huisbraak is geopen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg Find-it hier.