OOS-KAAP. – Die verdagte (30) wat in hegtenis geneem is na die beweerde ontvoerde sakeman, Schalk van der Merwe, Sondagmiddag gevind is, is vrygelaat nadat Van der Merwe die saak teruggetrek het.
Beweerde ontvoerde sakeman
“Die saak het nie voorgekom nie, want die klaer het ’n onttrekkingsverklaring afgelê,” sê Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag aan FiND iT.
In nedersetting gevind
Van der Merwe is die 18de Februarie glo deur onbekende mans ontvoer. Hy is weer op 21 Februarie gevind waar hy in ’n informele nedersetting gestap het.
LEES OOK: Verdagte verskyn in hof na sakeman na bewering ontvoer is
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



