Verdagte verskyn in hof na sakeman na bewering ontvoer is

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ’n Verdagte gaan Maandag in die hof verskyn na Schalk van der Merwe (33) na bewering Donderdagmiddag voor sy besigheid deur onbekende mans in sy motor ingedwing is.

Die man wat gister na die sakeman se opsporing vir ondervraging aangekeer is, gaan Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.

Verdagte sal verskyn, van ontvoering aangekla

“Die 30-jarige man wat Saterdagmiddag vir ondervraging geneem is, word met die misdaad verbind en van ontvoering aangekla,” sê kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder.

Niemand anders is al in hegtenis geneem nie.

Die polisie het Van der Merwe Saterdagmiddag om 16:00 gevind. Kol. Soci sê hy het alleen in die strate van Mtebele-nedersetting, Ngqamakhwe, gestap.

LEES OOK: Sakeman van Oos-Kaap gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.