Sakeman van Oos-Kaap gevind

“Hy het alleen in die strate van Mtebele-nedersetting, Ngqamakhwe, gestap.”

OOS-KAAP. – Die polisie het bevestig die sakeman, Schalk van der Merwe (33), wat na bewering op Donderdagmiddag 18 Februarie 2021 ontvoer is, is gevind. 

“Die man is vandag omstreeks 16:00 deur die polisie gevind. Hy het alleen in die strate van Mtebele-nedersetting, Ngqamakhwe, gestap,” sê kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder.

“Polisieondersoeke het daartoe gelei dat ’n 30-jarige man van Mtebele-nedersetting vir ondervraging geneem is, aangesien die polisie glo dat hy hulle met die ondersoek kan help. In hierdie stadium is hy nog nie met die misdaad verbind nie.”

LEES OOK: Sakeman steeds vermis, motor verlate deur polisie gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: