OOS-KAAP. – Schalk van der Merwe, die bekende sakeman, wat Donderdagmiddag om 16:40 in ’n industriële area in Msobomvu, Butterworth, na bewering deur onbekende mans in sy AudiA3 gedwing en ontvoer is, se motor is verlate gevind.
“Die polisie het inligting en leidrade van die gemeenskap gevolg wat daartoe gelei het dat die sakeman se voertuig om 11:00 gisteroggend gevind is,” het kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, bevestig.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand wat die polisieondersoek kan help om die Msobomvu-polisie by 0474920180 te skakel.
Die polisieondersoek duur steeds voort.
LEES OOK: Ontvoer: Sakeman glo in motor gedwing voor sy besigheid
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



