Ontvoer: Sakeman glo in motor gedwing voor sy besigheid

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, sê Van der Merwe was by sy werkswinkel in die industriële gebied to hy ontvoer is.

OOS-KAAP. – ’n Groep onbekende mans het die bekende sakeman Schalk van der Merwe (33) ontvoer toe hulle hom na bewering gistermiddag 16:40 in sy Audi A3 gedwing en met hom en die motor gevlug het.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, sê Van der Merwe was by sy werkswinkel in die industriële gebied toe hy ontvoer is. Volgens Soci was Van Der Merwe se ma by hom tydens die voorval, maar sy is veilig.

Soci sê een van die verdagtes was glo gewapen.

Mense het foto’s van Van der Merwe en sy Audi se registrasienommer op Facebook gedeel en gevra mense moet op die uitkyk wees vir die voertuig. Hierdie inskrywing is al meer as 3 400 keer gedeel.

Die polisie vra enigiemand met inligting om na vore te kom.

Inskrywing op Facebook wat gedeel word.

LEES OOK: Ongeregistreerde medisyne op O.R. Tambo-lughawe gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: