February 25, 2021

Gebruik wat in jou yskas is: Gebakte Teriyaki-hoender – resep

Jy het heel waarskynlik al die bestanddele vir hierdie onweerstaanbare teriyaki-sous in jou kombuis.

Gebakte Teriyaki-hoender. Foto: Engin Akyurt

Gebakte Teriyaki-hoender. Foto: Engin Akyurt

Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir gebakte Teriyaki-hoender.

Sien ‘n verdere lys van resepte hier.

Gebakte Teriyaki-hoender

Jy het heel waarskynlik al die bestanddele vir hierdie onweerstaanbare teriyaki-sous in jou kombuis. Nie lus vir hoender nie? Probeer dit met salm, garnale, tofu of selfs ‘n groente-roerbraai.

Bestanddele

4 of 6 stukke hoender, met vel en been aan

2 eetlepels ongesoute botter

1 ui, fyn gekap

Teriyaki-sous

1 eetlepel mielieblom + ¼ koppie water

½ koppie sojasous

¼ koppie bruinsuiker

2 eetlepels heuning

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 eetlepel vars gerasperde gemmer

1 koppie water

Metode

Voorverhit oond tot 200°C. Smeer ‘n oondskottel met olie of botter. Plaas eenkant.

Meng mielieblom en ¼ koppie water in ‘n klein bakkie en hou eenkant.

Meng sojasous, bruinsuiker, knoffel, gemmer, heuning en een koppie water in ‘n klein kastrol oor matige hitte.

Laat dit prut en roer die mielieblom met water by tot dit verdik is, ongeveer twee minute. Laat afkoel tot kamertemperatuur.

Geur hoender met sout en peper aan beide kante. Smelt botter in ‘n groot pan op medium hoë hitte.

Voeg hoender by, met die velkant na onder, en braai albei kante tot goudbruin, ongeveer twee tot drie minute per kant. Dreineer orige vet.

Plaas hoender in die voorbereide oondskottel. Borsel die helfte van die teryaki-sous eweredig oor die hoender.

Plaas die skottel in die oond en bak dit vir 20 minute.

Vryf die oorblywende sous oor die hoender en bak vir nog 20 minute of totdat die hoender gaar is.

Haal dit uit die oond en sit dit dadelik voor op rys en versier met sprietuie.

Geniet dit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: