February 28, 2021

Dogtertjie se ma eis R1.1 miljoen van gesondheidsdepartement

PRETORIA.- Die gesondheid departement van Gauteng moet R1.1 miljoen aan die ma van ’n oorlede twee jarige dogtertjie betaal.

Dogtertjie

Foto: Pixabay

PRETORIA.- Die gesondheidsdepartement van Gauteng moet R1.1 miljoen aan die ma van ’n oorlede tweejarige dogtertjie betaal.

Volgens IOL is die kind oorlede weens komplikasies in die hospitaal. Daar word beweer die hospitaal het nie daarin geslaag om ’n diagnosis van hidrokefalie (vloeistof op die brein) betyds te maak en met behandeling te begin nie.

Die ma, wat HIV-positief is, het in 2014 lewe geskenk aan ’n tweelingmeisie en -seun. Die seun het net ses maande gelewe en is dood weens ’n mediese toestand.

Die dogtertjie is egter twee jaar daarna oorlede en die ma het skadevergoeding ten opsigte van haar geboorte geëis.

Dogtertjie het brandwonde na geboorte opgedoen

Die gesondheidswerkers ontken enige nalatigheid met betrekking tot die kind se toestand, maar het wel gesê die kind het brandwonde opgedoen omdat sy na geboorte te naby aan ’n verwarmer geplaas was.

Die departement het ingestem om die ma R100 000 te betaal, maar sê hul kan nie aanspreeklik gehou word vir die kind se dood nie.

Die gesondheidswerkers sê as die hof enige nalatigheid vind, moes die ma daartoe bygedra het, omdat sy amper geen voorgeboorteklasse bygewoon het nie.

Die stent was nooit vervang nie

Verder sê die ma nadat die hospitaal nie haar kind betyds gediagnoseer het nie, is daar ’n stent in die kind se brein geplaas. Dit het glo verstop geraak en die kind is hospitaal toe geneem, maar dit is nooit vervang nie.

Die geboorte het baie komplikasies gehad

Die hospitaal sê die geboorte het baie komplikasies gehad en die baba moes na geboorte geresussiteer word en is op suurstof geplaas.

Nadat die hof die getuienis van ‘n aantal mediese deskundiges aangehoor het, is tot die gevolgtrekking gekom die dokters en verpleegsters het nie die nodige mediese aandag aan die kind, onder meer om haar toestand betyds te diagnoseer en haar dienooreenkomstig te behandel, gegee nie.

“Geen geldelike vergoeding sal ooit die dood van ‘n kind verlig nie.”

BC Wanless, die waarnemende regter, het gesê die moeder moes baie trauma deurmaak.

Sy is gediagnoseer as MIV-positief terwyl sy swanger was en sy moes haar klein dogtertjie se aanhoudende gehuil tot die ouderdom van twee aanhoor. Die kind kon onder andere weens haar toestand nie eet nie en die ma moes probeer om kos in haar keel af te dwing.

“Geen geldelike vergoeding sal ooit genoeg wees om ‘n ouer se verlies aan ‘n kind te verlig nie.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: