Oorgewig pa verander sy lewe na Covid-19

MANCHESTER. – ’n Oorgewig pa (50) van twee het beloof om heeltemal te verander nadat hy nege weke in die hospitaal moes deurbring weens Covid-19.

Foto: Mirror

MANCHESTER. – ’n Oorgewig pa (50) van twee het beloof om sy lewenstyl heeltemal te verander nadat hy nege weke in die hospitaal moes deurbring weens Covid-19.

Volgens Mirror is Daimons Keith in Maart verlede jaar na ’n hospitaal gehaas toe hy kortasem was.

Keith was so siek weens Covid-19 dat ’n ventilator nie genoeg was om hom aan die lewe te hou nie.

Hy was op ‘n ECMO-masjien geplaas

Hy moes op ‘n lewensreddende, gespesialiseerde oksigeneringsmasjien (ECMO) geplaas word – wat die pasiënt se hart- en longfunksies oorneem om die organe kans te gee om te herstel. Daar is net vyf van dié masjiene beskikbaar in Engeland.

Keith het opgehou rook en drink

Na sy oorlewing van die virus het Keith besluit om sy lewe te verander. Hy het opgehou rook en drink glad nie meer alkohol nie. Tot dusver het hy 30 kg verloor.

Alhoewel hy steeds die nagevolge van die Covid-19-virus kan voel, is hy baie positief oor die keuse wat hy gemaak het.

“Ek was oorgewig toe ek Covid-19 opgedoen het”

“Ek was oorgewig toe ek Covid-19 opgedoen het. Ek dink ek sou in die hospitaal beland het, al was ek nie oorgewig nie, maar my gewig het beslis nie my liggaam se vermoë om die virus te beveg, gehelp nie.

“Ek het nou opgehou rook en drink, en vir die eerste keer in my lewe het ek by ‘n gimnasium aangesluit. Ek kan natuurlik nie op die oomblik gaan nie, maar ek kan nie wag dat hulle weer sal oopmaak nie.”

Alhoewel Keith langtermyn skade aan die onderkant van sy longe opgedoen het is hy steeds baie dankbaar dat hy oorleef het.

“Almal by Wythenshawe-hospitaal was absoluut fantasties, ek kan hulle net nie genoeg bedank vir alles wat hulle gedoen het nie.” Sy familie is ook tans besig met ’n fondsinsameling vir die hospitaal.

Lees meer artikels hier.

Orrgewig
Foto: Mirror
Keith en sy seuns.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: