Hawelose man maak winkel vir herstel van huishoudelike toestelle oop

’n 26-jarige man van die Oos-Kaap het ’n tweede kans in die lewe gekry en het ’n apparaat herstel winkel oopgemaak.

’n 26-jarige man van die Oos-Kaap het ’n tweede kans in die lewe gekry en het ’n apparaat herstel winkel oopgemaak.

’n 26-jarige man van die Oos-Kaap het ’n tweede kans in die lewe gekry en het ’n apparaat herstel winkel oopgemaak.

’n 26-Jarige man van die Oos-Kaap het ’n tweede kans in die lewe gekry en winkel vir die herstel van klein huishoudelike toestelle oopgemaak.

Volgens All4women het Nkosinathi Tongo vanaf die Oos-Kaap na Durban gegaan in die hoop om ’n beter lewe daar te begin.  

“My lewe is omgekeer toe my neef my uit sy huis geskop het. Op straat, waar ek lekkers begin verkoop het, het ek ‘n dame ontmoet wat my van die Appliance Bank vertel het.”

Die Appliance Bank, in samewerking met die Shoprite-groep, lei jong mans op om foutiewe toestelle wat deur die winkelgroep geskenk word, te herstel.

Tongo het in 2018 by die program aangesluit en vandag besit hy sy eie winkel vir die herstel van huishoudelike toestelle in Durban se sentrale sakekern.

Ten spyte van ’n pandemie floreer Tongo se besigheid. Hy het iemand vas aangestel om saam met hom in die winkel te werk, hy het vir homself ’n huis op sy tuisdorp gebou en help betaal tans sy ouer suster se tersiêre opleiding. Hierdie entrepreneur is voorwaar ‘n inspirasie vir baie.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: