Afvalverwyderaar se arm in fratsongeluk vergruis

PRETORIA.- Netcare 911 het Dinsdag oggend reageer op ’n fratsongeluk wat plaas gevind het in Mooikloof.

Afvalverwyderaar

PRETORIA.- Netcare 911 het Dinsdag oggend reageer op ’n fratsongeluk wat plaas gevind het in Mooikloof waar 'n afvalverwyderaar se arm vergruis is. Foto: All4Women

PRETORIA. – Netcare 911 het Dinsdagoggend gereageer op ’n fratsongeluk wat plaasgevind het in Mooikloof waar ‘n afvalverwyderaar se arm vergruis is.

Volgens All4Women sê die paremedici die man het ernstige beserings opgedoen toe sy linkerarm in die hidrouliese spaan van ‘n vulliswa vasgesit het toe dit toemaak.

Die afvalverwyderaar is gestabiliseer en die brandweer- en reddingsdienste het hidrouliese gereedskap gebruik om die man se vergruisde arm te bevry.

Hy is daarna met ‘n helikopter na ‘n spesialisfasiliteit geneem.

Dit is egter nog nie duidelik of die man se arm geamputeer sal moet word of nie.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: