Appeltertresep
Dit is werklik smaaklik.

Appeltertresep
Probeer gerus hierdie ou, getoetste appeltertresep. Dit is werklik smaaklik.
Bestanddele:
- 1 koppie suiker
- 3 eetlepels sagte botter
- 3 eiers
- 2-3 appels, geskil, ontstronk, in stukke gesny en gekook tot net sag
- 1 koppie meel
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout
- ¼ koppie melk
Metode:
- Room botter en suiker saam.
- Klop eiers een vir een by.
- Sif die droë bestanddele – meel, bakpoeier en sout – saam en voeg bietjie-bietjie van die meelmengsel en melk om die beurt by die suiker-en-bottermengsel. Meng.
- Skep die beslag in ’n gesmeerde oondbak. Maak gelyk.
- Skep gaar appelstukke bo-op, druk effens in die beslag in met ‘n lepel.
- Bak by 180°C vir ongeveer 35 minute of tot goudbruin bo-op.
- Haal uit oond uit en prik gaatjies oral in die tert.
- Gooi onderstaande stroop oor die tert terwyl dit nog warm is.
Stroop:
- Kook 1 koppie suiker, ½ koppie kookwater en ¼ koppie botter saam tot suiker gesmelt is.
- Voeg ’n teelepel vanielje of karamelgeursel by en meng goed.
Lees meer artikels hier.