Suid-Afrika vra Indië moet AstraZeneca-entstowwe terugneem

Suid-Afrikaanse regering ‘n nederlaag erken met die AstraZeneca-entstowwe, en een miljoen dosisse sal nou na verwagting in die week terug na Indië gestuur word.

Suid-Afrikaanse regering 'n nederlaag erken met die AstraZeneca-entstowwe, en een miljoen dosisse sal nou na verwagting in die week terug na Indië gestuur word.

Suid-Afrika vra Indië moet die AstraZeneca-entstowwe terug neem Foto: Pixabay

SUID-AFRIKA. Ten spyte van wêreldwye goeie resultate wat die AstraZeneca-entstowwe gelewer het, het dit wel nie dieselfde impak op die Covid-19-variant wat in Suid-Afrika voorkom nie. Die regering het dus besluit om die entstof na Indië terug te stuur .

Volgens The South African het die Suid-Afrikaanse regering ‘n nederlaag erken met die AstraZeneca-entstowwe, en een miljoen dosisse sal nou na verwagting in die week na Indië teruggestuur word.

Indië sal die entstof herverdeel na lande waar die Suid-Afrikaanse Covid-19-variant nie voorkom nie. Die goeie nuus vir Suid-Afrika is dat daar ’n ander entstof op pad na ons is.

Beide Pfizer en Johnson & Johnson gaan miljoene entstowwe na Suid-Afrika stuur, met die eerste besending wat na verwagting binnekort sal aankom.

Soos bevestig tydens die SONA 2021, sal ‘n totaal van 21 miljoen dosisse deur hierdie maatskappye verskaf word en COVAX sal ‘n ekstra hoeveelheid lewer om S.A. se inentingsproses te versterk.

Die inentingsprogram sal dus met twee weke aangeskuif word en AstraZeneca sê hulle gaan ’n versterker (booster) vervaardig vir die variant wat sy ontstaan in Suid-Afrika gehad het.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: